Liefde Vir Liam Jacobs

Liefde Vir Liam Jacobs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Liefde Vir Liam Jacobs, Medical and health, Klein Joostenberg, Stellenbosch.

A STORY WRITTEN FOR GLORY! πŸ‘‘
Liam is op 4 jarige ouderdom gediagnoseer met Medulloblastoma Stage 4 Brein Kanker wat ook na sy spinale koord versprei het πŸ’›πŸŽ—Hy is n absolute WONDERWERK & in REMISSIE sedert 10/11/2025!
2 Kings 20:5 πŸ™ŒπŸΌ

Vandag merk ons 1 jaar sedert my laaste Chemo terapie. πŸŽ‰In 2 Koning 20:5 staan daar geskryf β€œEk het jou gebed gehoor ek ...
16/06/2026

Vandag merk ons 1 jaar sedert my laaste Chemo terapie. πŸŽ‰

In 2 Koning 20:5 staan daar geskryf β€œEk het jou gebed gehoor ek het jou trane gesien, ek sal jou GESOND maak!” En vandag is ek n lewende getuienis van hierdie Bybelvers. Ons het bly vashou aan Jesus se woord en sy beloftes en hier staan ek vandag CHEMO VRY & sommer HOSPITAAL VRY ook!! πŸ™ŒπŸΌ

Alhoewel ek steeds op chemo maintenance is wat beteken ek drink 3 keer n week chemo pille het dit darm nie so n intense uitwerking op my lyfie soos die hospitaal chemo nie.

Dankie Liewe Jesus vir elke mylpaal, elke getuienis en elke dag van LEWE!! πŸ’›πŸŽ—οΈ

Nog net 1 MAAND voor scan dag!! πŸ’›πŸŽ—οΈBid asb. saam met ons dat my lyfie nogsteeds geen kanker het nie πŸ€—
13/06/2026

Nog net 1 MAAND voor scan dag!! πŸ’›πŸŽ—οΈ
Bid asb. saam met ons dat my lyfie nogsteeds geen kanker het nie πŸ€—

πŸ©ΈπŸ…ΎοΈ πŸ†Ž πŸ…±οΈ πŸ…°οΈπŸ©ΈAlhoewel ek nie Leukemia gehad het nie moes ek 8 bloedoortappings gekry het. Baie van my maatjies wat ek gem...
12/06/2026

πŸ©ΈπŸ…ΎοΈ πŸ†Ž πŸ…±οΈ πŸ…°οΈπŸ©Έ

Alhoewel ek nie Leukemia gehad het nie moes ek 8 bloedoortappings gekry het. Baie van my maatjies wat ek gemaak het by die hospitaal moes baie meer kry omdat hulle ook siek was.

Soms het die bloed vinnig gekom en ander kere het ons tot 9 ure gewag vir bloed. Ons het as gesin opnuut besef hoe belangrik is dit om bloed te skenk. Indien jy kan skenk wil ek asb. vra dat elke oom en tannie sal gaan skenk!!

Dit red werklik n LEWE en maak n VERSKIL ❀️

πŸ’› Lewe NΓ‘ Kanker: ’n Nuwe Avontuur πŸ’›Ek kyk nou anders na die wΓͺreld.Kanker het my nie net geleer hoe om dapper te wees n...
07/06/2026

πŸ’› Lewe NΓ‘ Kanker: ’n Nuwe Avontuur πŸ’›

Ek kyk nou anders na die wΓͺreld.

Kanker het my nie net geleer hoe om dapper te wees nie – dit het my gewys hoe sterk ek regtig is.

Ek het geleer om die klein oorwinnings te vier:
🌞 Nog ’n nuwe dag.
πŸ˜„ Nog ’n laggie.
🎈 Nog ’n kans om te speel, te droom en gelukkig te wees.

Sommige dae is nog moeilik, maar elke dag herinner my aan hoe ver ek gekom het.

Aan al die kinders wat nog besig is om te veg:
🌟 Jy is dapper.
🌟 Jy is sterk.
🌟 Jy is nooit alleen nie.

Aan al die kanker-oorwinnaars:
πŸ’œ Julle is ware helde.

En aan elke mamma, pappa, familie, vriend, dokter en verpleegster:
Dankie dat julle gehelp het om die donker dae ligter te maak.

Lewe nΓ‘ kanker gaan nie daaroor om terug te wees soos voorheen nie.
Dit gaan daaroor om trots te wees op die wonderlike mens wat jy geword het.

✨ Liam, jy is ons klein held met ’n groot storie van hoop, moed en oorwinning. ✨

β›…οΈβœ¨ DANKIE VIR JULLE ONDERSTEUNING! βœ¨β›…οΈWat 'n ongelooflike dag! πŸ’™πŸ‘£'n Opregte DANKIE aan elke leerder, ouer, onderwyser, ...
01/06/2026

β›…οΈβœ¨ DANKIE VIR JULLE ONDERSTEUNING! βœ¨β›…οΈ
Wat 'n ongelooflike dag! πŸ’™πŸ‘£
'n Opregte DANKIE aan elke leerder, ouer, onderwyser, vriend en ondersteuner wat deel was van The Reach For A Dream Foundation se Slipperdag 2026.
Van die oulikste slippers 🐰🦩🧸, tot die mooiste glimlagte 😊 en ons dapper klein dromers wat ons harte gesteel het – elke oomblik het gewys hoe groot ons gemeenskap se harte is.
Julle ondersteuning help om hoop, vreugde en onvergeetlike herinneringe te skep vir kinders wat elke dag dapper veg. πŸ’›

⭐ Julle maak nóg 'n dromer se DROOM waar! ⭐

Dankie dat julle saam met ons gedroom het, saam gelag het en gewys het dat selfs 'n paar gemaklike slippers 'n wΓͺreld se verskil kan maak.

Want wanneer ons saamstaan, word drome werklikheid. πŸ’™πŸŒˆβœ¨

30/05/2026

Vanaand was storie tyd in die Jacobs huis.
Voor en na my operasie het ek bietjie gesukkel om te praat. Ek het baie binne-monds en onduidelik gepraat. Hierdie is net die begin van baie stories vertel. πŸ€—

Dankie Cupcakes 4 Kids with Cancer dat julle hierdie deel πŸŽ—οΈπŸ’›πŸ©ΆπŸŽ—οΈ
13/05/2026

Dankie Cupcakes 4 Kids with Cancer dat julle hierdie deel πŸŽ—οΈπŸ’›πŸ©ΆπŸŽ—οΈ

6 MAANDE SKOON πŸ’›πŸŽ—οΈ
10/05/2026

6 MAANDE SKOON πŸ’›πŸŽ—οΈ

This Scars Means I Have Survived πŸ©ΆπŸŽ—οΈπŸ™ŒπŸΌ
06/05/2026

This Scars Means I Have Survived πŸ©ΆπŸŽ—οΈπŸ™ŒπŸΌ

Address

Klein Joostenberg
Stellenbosch

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde Vir Liam Jacobs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share