taaivanlonden

taaivanlonden ok..so ek het nie n bio nie...ek is op diw oomblik nie n kind of n grootmens nie ek is net deurmekaar

Ai julle......hier is ek weer vanaand.....Het iemand anders al op die punt gekom waar jy net voel dat jy al te veel gese...
20/07/2026

Ai julle......hier is ek weer vanaand.....

Het iemand anders al op die punt gekom waar jy net voel dat jy al te veel gese het rus in vrede vir die mense vir wie jy lief is?????

Ek kan nie meer nie, hier is nou my ouma, my ander ma(tannie) en die 2 ooms wat soos pa's vir my was, ek is nog nie 40 nie en hulle almal saam my eie pappie en my dierbare tannie Ella is almal kla weg........hoe de moer beweeg mens aan?????

Zoeka was die laaste sleutel op my key chain wat ek n childhood noem....al my eie bloed wat so groot deel van my kinder lewe was is weg😭😭😭😭

Die laaste paar jaer het ek en Zoeka nie veel met mekaar te doen gehad nie, want ons altwee was besig met ons eie demons, maar ek is ok daarmee want ek het my Zoeka van al die jare...dis wat ek onthou en dis waaroor ek stukkend is💔💔💔😭😭😭😭

Mense is so vinnig om te se ja maar julle het mekaar wanneer laas gesien....Karen dis nie die punt nie, die punt is die man in wie se huis ek groot geword het....wat my piepie uit tannie Fiela se kas uit skoon gemaak het.....die man wat my gered het toe sy dogter my in een aand se tyd in die kamer toe gesluit het dat haar boeties nie met my mag speel nie en my weg gejaag in haar slaap uit haar kamer uit🤣🤣🤣🤣🤣🤣monic.....

Die oom wat gehelp watta in Skiewies se klere gooi op kersdag sodat hy moet strip voor die hele famielie.....die man wat Aaitjie ( hoop ek onthou sy naam reg) elke kersfees uit witrand uit gehaal het om saam ons familie kersfees te hou...

Ai as hy eers soos Loela vir my tandjies se dan weet ek hier kom n ding.........

Lang storie kort dis waaroor ek huil, nie waaroor ander huil of wat ookal hulle onthou nie dit gaan oor wat ek onthou.......

Dit voel of my kinderlewe Sondag 18:08 gesterf het saam Zoeka De Bruyn , alles voel seer en leeg en ek het al die memories van almal en al wat dit doen is dit maak seer....

😭😭😭😭😭

Rus in vrede my oom, ek weet al jou pyn is nou verby, is net ons wat agter bly wat al die pyn hou.......ek mis my familie ek mis alles wat ons was......

Vandag het ek n 2,5 jarige dogterthie en sy weet nie eers sy het n hele familie nie.......die seer gaan nooit ophou nie...

17/06/2026

🥶🥶Die winter van my lewe........

Julle ek weet nie is dit n amper 40 ding of net n fase nie, maar ek se vir julle die winter 2026 is ek in die winter van my lewe - ek sal probeer verduidelik maar dis basies soos ons winter...binne is alles koud en grys en alleen🥶🥶🥹🥹

Kyk die winter was nog nooit my favourite nie, veral toe my pappie 25 Junie 2001 oorlede is....die aakligste gevoel was om na daai winter vakansie skool toe te gaan en almal is jammer vir die kinders wat laas kwartaal nog n pappa gehad het en die kwartaal is hy weg😢🥺snaaks hoe ouer ek word hoe seerder word dit en hoe duideliker die gevoel wat ek met my saam gedra het....maar pappie se stem en gesig is net n dowwe herhinering- dit is die aakligste gevoel......😣☹️

Die oumense het ons altyd so deurmekaar gepraat met eeue en dekades en dan het ek altyd ged**k dis soveel jare, maar nooit daaraan ged**k ek gaan dit ook eendag kan se nie😵😵‍💫😯vandag kan ek se pappa is al meer as 2 dekades weg van ons af en julle is dit nou vir jou confusing want almal my ouderdom bereik dinge en vorder en het ambisie en doen waarvoor hulle lief is en hulle blom net en hier is ek in die winter van my lewe en ek voel stuck....niks gebeur net nie niks vorder nie alles is koud en seer🥶😓💔

Nou sit mens en terug d**k aan almal wat weg is, die grootmense na wie ons op gekyk het en nou is dit ons werk.....ons is nou die grootmense en die jonges moet na ons opkyk....JULLE!!!! Dis mission impossible, want hulle wat ons by mekaar gehou is weg en nou het almal hulle eie lewens en alles is gejaag, jy sien almal wat die belangrikste gedeelte van jou lewe was nou net op n begrafnis en dis ook net as jy petrol geld het......

Ons kinders is gerob van wat ons gehad het en ons is gerob van wat ons ouers gehad het...
Die Familie
Die Liefde
Die bystand en raad
Die saam wees
Die geluk
Nooit alleen sukkel nie.....

Dan wonder ek wie se skuld is dit????

Die gejaag van die lewe dalk????

Dis net hartseer en maak die winter in my hart net kouer hoe ouer ek word en met wie praat jy daaroor??? Wanneer se jy vir hulle....EK MIS JULLE!!!!!!!

Daar is so baie wat ek op die onderwerp kan se, so baie om van my hart af te kry maar ek gaan eers groet...die trane maak die tik moeilik...😭😭😭

Liefde Taai💜💜

Ok......bietjie agtergrondEk wil nie grootmens nie...ons het dit kla establish.....Voor ek te diep gaan........sit almal...
31/12/2025

Ok......bietjie agtergrond

Ek wil nie grootmens nie...ons het dit kla establish.....

Voor ek te diep gaan........sit almal gou asb vir 3 sekondes en d**k vir my....as jy d**k aan kind wees jou eerste eerlike memory??? Wat is dit???

Kom ek se jou.....myne is koshuis!!!!!!!!!...let me eliberate....ouma het in n skool koshuis se kombuis gewerk....en dit was die beste!!!!!!!!!!!!!

As kind het ek dalk ged**k..."oh weird"....maar vandag d**k ek...."die s**t!!!"

Als was so cool en almal was daar...ons was meer familie, niggies..nefies en alles as miere!!!!!!, maar s**t (mag nie dit daai tyd gese het nie) was dit lekker!!!!

Ek kan vandag net gou gou se EK MIS JULLE!!!!!

F@k ons was die s**t!!!!!

Vandag se kids het nie n idee wat ons gedoen, kon doen of wou doen nie?????
Like what are you teens even trying?????

Ek wens ek was weer 10 tussen al my niggies en neefies2🥲🥲🥲

 ......so waar
30/12/2025

......so waar

30/12/2025

So......

Hoe begin mens hierdie???

Ek het julle invite ja, invite die res van die familie asb!!!!!!!!

As die eerste, tweede en derde post nie oor jou voel nie hou aan....ek kom daar ......

Ek kan nie n background gee vir my post nie, dit kom met die storie of " stories"........

Op tone gaan ons trap op die page verwag ek mense(familie) wat my aanval omdat ek dinge onthou op n ander manier as hulle, dis glad nie hoekom ek dit doen nie....

Ons is grootmense, ja ek het dit gese ONS IS GROOTMENSE!!!!😪😪😪🤤🤤🤤🤤🤤ons wil nie maar ons moet...

Kom ek se julle, iewers tussen alles deur het ek besef n grootmens is die laaste ding wat ek wil wees....ek belowe...dis waaroor dit gaan die notstalgie van kind wees.....

Die verskil tussen toe my pa n kind was, ek n kind was en my kinders...veral toe ek n kind was....

Mense se elke dag hulle wil nie grootmens nie....meeste van die tyd is dit net n seding...maar ek belowe julle ek wil nie n grootmens wees nie!!!!!!!

As julle my kans gee het ek soveel dinge en memories om te deel...stories wat n lewe maak.....

N lewe wat my eie kinders nooit eers sal ken nie en joune ook nie, tye wat nooit weer terug gekry kan word nie...vir altyd verlore in tyd.....trane wat nie weer sal opdroog nie..smiles wat niemand ooit sal verstaan nie.....

Die punt van my page is, hoe ouer ek word ....hoe jonger wil ek wees...nie my gesig nie, nie my ouderdom of my lyf nie maar my hart...hoe ouer ek word hoe moeiliker is dit om my klein tyd te laat gaan....en dan wonder ek....julle daar buite my nefies en my nigies, my boeties...hoe vind julle dit? Nou dat ons nooit meer praat nie en almal grootmens en doen wat ons d**k die beste is vir ons gesinne...hoe vind julle dit???????

Address

Stilfontein 0
Stilfontein
2551

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when taaivanlonden posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share