Dr Renier Marais

Dr Renier Marais Your local Family Doctor with a passion for people& medicine. A mission and ministry by GRACE!

25/07/2026

Ons is dankbaar vir almal se ondersteuning en gebede. Ongelukkig het ons die tweeling seuns verloor gister middag laat. Ons harte is baie seer maar ons weet ons dien 'n God van liefde en genade.

23/07/2026

Belangrike Praktyk Kennisgewing

Beste pasiënte,

As gevolg van 'n onvoorsiene terugslag met my vrou se swangerskap, moet ek vir eers by haar in Kaapstad bly.

Dr Hayes sal vanaf Maandag 27 Julie tot Vrydag 31 Julie by beide die Vanrhynsdorp- en Lutzville-praktyke beskikbaar wees. Neem asseblief kennis dat die spreekure by die twee praktyke gedurende hierdie tydperk aangepas sal word.

Kontak gerus ons ontvangsdames vir afsprake of enige navrae.

Baie dankie vir u begrip, ondersteuning en geduld. Ons bid tans vir 'n wonderwerk.

Vriendelike groete
Dr Renier Marais

02/07/2026
29/06/2026

Baie welkom aan ons nuwe apteker, Audrey! Ons is baie opgewonde om jou as deel van die span te hê 🧡

Lutzville Praktyk skakel besonderhede is 027-217-2100 en druk opsie 3 vir die dokter se spreekkamer.Vandag begin ons som...
26/06/2026

Lutzville Praktyk skakel besonderhede is 027-217-2100 en druk opsie 3 vir die dokter se spreekkamer.

Vandag begin ons sommer met Bok Vrydae. Dra jou sprinbok trui om jou steuning vir die Bokke te wys.

Ons is opgewonde om vir Dr Goldman op uitreik te verwelkom. Dr Gareth Goldman is 'n verloskundige en ginekoloog met 'n b...
25/06/2026

Ons is opgewonde om vir Dr Goldman op uitreik te verwelkom.

Dr Gareth Goldman is 'n verloskundige en ginekoloog met 'n besondere fokus op hoërisiko-swangerskappe en veilige uitkomste vir moeder en baba. Hy bied deeglike, bewysgebaseerde sorg wat by elke pasiënt se unieke behoeftes aangepas word.

Wat is tans in die omtrek?Hand-voet-en-mondsiekte (HVMS).Die siekte begin gewoonlik met algemene simptome soos koors, mo...
03/06/2026

Wat is tans in die omtrek?

Hand-voet-en-mondsiekte (HVMS).

Die siekte begin gewoonlik met algemene simptome soos koors, moegheid en verminderde eetlus. Mondsere en die kenmerkende uitslag op die hande en voete verskyn gewoonlik teen dag 2–3 van die siekte en kan vir 7–10 dae aanhou.
Die inkubasietydperk (tyd vanaf blootstelling tot simptome) is gewoonlik 3–6 dae.

Wanneer moet jy 'n dokter sien?

Kom sien die dokter indien:
• Jy onseker is oor die diagnose.
• Jou kind minder of geen urine uitskei nie.
• Jou kind lusteloos is.
• Die koors langer as 3 dae aanhou.
• Jou kind nie wil eet of drink nie.
• Jou kind nekstyfheid ontwikkel.
• Jou kind verward voorkom of enige neurologiese simptome ontwikkel.

Wanneer kan my kind terugkeer skool of kleuterskool toe?

Kinders kan gewoonlik terugkeer wanneer:
• Hulle vir minstens 24 uur koorsvry is sonder koorsmedikasie.
• Hulle goed genoeg voel om aan normale aktiwiteite deel te neem.
• Die meeste blasies opgedroog het.
Dit is gewoonlik ongeveer 7 dae nadat simptome begin het.

Address

31B Voortrekker
Vanrhynsdorp
8170

Telephone

+27270220072

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Renier Marais posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Renier Marais:

Shortcuts

Share

Category