InteliGro

InteliGro InteliGro is a customer centric company that works alongside producers to help ensure optimum, good quality food production. With us, you are growing goodness!

InteliGro is a southern African agricultural solutions partner combining agronomic expertise, innovative inputs, digital intelligence, and on-farm support to help growers improve yields, manage risk, and achieve sustainable, profitable production. This is achieved through our holistic approach towards food production that includes scientifically based plant nutrition, soil and root health recommen

dations and solutions, an effective and proven integrated pest management (IPM) focus and sound technical advice. This is supported by user friendly technology platforms to ensure accurate decision-making. Through effective implementation of our biological solutions approach, InteliGro can help achieve low-no residue food production. Accurate use of all these available solutions help ensure plant health in support of sustainable food production.

InteliGro is trots om deel te wees van Richard Hutton-Squire se span van die Hutton-Squire Farms Group. Richard is aange...
06/06/2026

InteliGro is trots om deel te wees van Richard Hutton-Squire se span van die Hutton-Squire Farms Group.

Richard is aangewys as ’n finalis in die Agri Wes-Kaap en Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie en sy harde werk, visie en passie vir landbou wys waarom jongboere die toekoms van ons bedryf help bou.

Baie geluk , ons is trots op jou! 🌾

05/06/2026

Een span. Een gees. Baie pantoffels. 💛

Verlede Vrydag het InteliGro se span gewys dat ’n bietjie pret by die werk ’n groot verskil maak.
Pantoffeldag was ’n lekker herinnering dat spanbou nie altyd groot gebare nodig het nie, ons begin dit sommer met gemak, lag en saamwees.


Kleingraanseisoen is mooi aan die gang in die Suid-Kaap Elke stadium van groei vertel ’n storie van beplanning, kundighe...
04/06/2026

Kleingraanseisoen is mooi aan die gang in die Suid-Kaap

Elke stadium van groei vertel ’n storie van beplanning, kundigheid en harde werk op die plaas.
Dankie aan Pieter Rall, ons Gewas Adviseur in Riversdal, vir die foto’s en terugvoer uit die veld. Dis altyd waardevol om te sien hoe gewasse vorder waar dit saak maak.

03/06/2026

In tye soos dié besef mens weer wat landbou regtig is — nie net oeste en opbrengste nie, maar mense, families en gemeenskappe wat elke dag hul
harte op die plaas los.

Hierdie boodskap deur AJ Griesel spreek tot elke produsent en familie in die Kaap wat deur die onlangse rampe geraak is. ’n Herinnering dat daar, selfs tussen moeilike seisoene, steeds hoop, geloof en deursettingsvermoë bly staan. 🤝

Ons d**k aan elke plaas, elke span en elke gemeenskap wat nou weer moet opstaan en herbou. InteliGro staan saam met ons produsente — waar dit
saak maak. 💚



🥬 Fabiola Koolsaad – Eenvormigheid waarop jy kan staatmaak.Met sy kompakte groeiwyse, gesonde plante en uitstekende eenv...
02/06/2026

🥬 Fabiola Koolsaad – Eenvormigheid waarop jy kan staatmaak.

Met sy kompakte groeiwyse, gesonde plante en uitstekende eenvormigheid lewer Fabiola die konsekwentheid wat produsente soek. Die kenmerkende grys-blou blaarkleur en goeie veldstaanvermoë maak dit ’n betroubare keuse, terwyl die hoë persentasie eerste-sny koppe help om die meeste uit jou oes te haal.

✅ Goeie veldstaanvermoë
✅ Gesonde plante
✅ Hoë persentasie eerste sny
✅ Kompakte plante
✅ Uitstekende eenvormigheid
✅ Kenmerkende grys-blou blaarkleur

🥬🚜🌱

🌾 InteliGro en ADVANTA was trots om deel te wees van die Graan SA Graansorghum-inligtingsdag in Settlers, Limpopo.Dit wa...
01/06/2026

🌾 InteliGro en ADVANTA was trots om deel te wees van die Graan SA Graansorghum-inligtingsdag in Settlers, Limpopo.

Dit was 'n waardevolle dag van kennisdeling, waar produsente en rolspelers in die bedryf meer geleer het oor graansorghum, variëteite, gewasbestuur en die uitdagings wat produsente in die veld ervaar.

Dankie aan Graan SA vir 'n insiggewende geleentheid wat die belangrikheid van graansorghum in Suid-Afrikaanse landbou beklemtoon het.

30/05/2026

🌱🚜 Die soja oes loop mooi in die Vrystaat — en die lande wys dit!

Stroperligte wat deur die aand sny, stofwolke wat agter die masjiene hang en tonne harde werk wat nou begin vrugte afwerp. Dis waarvoor daar geplant, beplan en gewerk is. 💪🌾

Elke vrag soja wat nou van die lande af kom, vertel ’n storie van deursettingsvermoë, lang dae en produsente wat nooit terugstaan vir ’n uitdaging nie. Van planttyd tot oestyd — elke seisoen vra toewyding, opoffering en harde werk.

Die Vrystaat is aan die oes — en die seisoen wys sy staal. 🚜🇿🇦

Proudly part of this industry!
29/05/2026

Proudly part of this industry!

🍊 InteliGro trots deel van SA se uitvoersukses. 🇿🇦Suid-Afrika is die nommer 1 sitrusuitvoerder in die wêreld — en ons as...
28/05/2026

🍊 InteliGro trots deel van SA se uitvoersukses. 🇿🇦

Suid-Afrika is die nommer 1 sitrusuitvoerder in die wêreld — en ons as InteliGro is bevoorreg om produsente te ondersteun waar dit saak maak. 🌍🍋
Met die oes wat nou begin, sien ons uit na ’n seisoen van kwaliteit, groei en wêreldklas Suid-Afrikaanse produkte wat hul merk wêreldwyd maak. 🌱

27/05/2026

Louis Pieterse se boodskap uit die veld herinner ons mooi aan die werklikheid waarmee boere daagliks sit: ’n oorweldigende magdom produkte en aanbiedinge. InteliGro se rol is om dié kompleksiteit te vereenvoudig en vir die boer duidelike, waardevolle rigting te gee.

Address

3 Marchand Street
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27218736177

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when InteliGro posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to InteliGro:

Share