Lifestyle Club

Lifestyle Club Helping women grow stronger in body, soul & spirit through simple wellness habits, faith-filled motivation and sustainable healthy living.

Pilates • Weight-loss guidance • Mindset & lifestyle coaching. My online personal training services aims to provide personalized fitness plans and coaching to individuals seeking to improve their health and fitness from the comfort and convenience of their homes. I am offering both personalized healthy eating plans and exercise programs tailored to individual fitness goals is an excellent way to p

rovide comprehensive support to my clients. I am helping clients to look for a holistic approach to their health and fitness journey. I support my clients with daily accountability on their own health.

Liewe Vrou,🌻🌸Groei gebeur in die stilte.Gister tydens 'n klas verduidelik ek 'n beweging en noem dat groei gebeur wannee...
05/08/2026

Liewe Vrou,🌻
🌸
Groei gebeur in die stilte.

Gister tydens 'n klas verduidelik ek 'n beweging en noem dat groei gebeur wanneer ons stil hou. Dit is toe dat ek besef dit is presies hoe ons ook in ons gees en siel groei.

Juis wanneer ons d**k niks gebeur nie, is God besig.

Juis wanneer ons moet stil raak en onsself weer vind, ontdek ons rus, helderheid en nuwe gedagtes.

Ons liggame leer ons baie oor hoe groei werk.

Soms moet jy 'n beweging "hold". Byvoorbeeld wanneer jy jou bene teen 90 grade hou en stil bly terwyl jy ander bewegings met jou arms doen. Dit is juis in daardie stilhou waar jou beenspiere sterker word.

Binne die beweging leer ons dat ons soms moet stil wees en luister, want dit is in die luister waar ons sterker word.

Dit is ons Augustus-maand van verandering.

As dit voel of God stil is in jou storm, beteken dit nie Hy is afwesig nie. Dalk is Hy juis besig om in die stilte aan jou situasie te werk.

Net soos ons nie kan sien hoe ons spiere sterker word nie, beleef ons die verskil wanneer ons weer begin beweeg.

Miskien is jy vandag in 'n seisoen van stil word.

Moenie moed verloor nie.

God werk dikwels die diepste wanneer alles stil lyk.

Lifestyle Club vat hande met Pad.langs Ons is opgewonde om aan te kondig dat Lifestyle Club en Pad.langs saamspan om iet...
04/08/2026

Lifestyle Club vat hande met Pad.langs

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Lifestyle Club en Pad.langs saamspan om iets besonders vir die gemeenskap te bied.

Pilates in die natuur!

Kom begin jou Woensdagoggend met vars lug, beweging en ’n oomblik om asem te haal. Pilates in ’n rustige natuuromgewing is die perfekte manier om jou liggaam te versterk, jou gedagtes stil te maak en jou dag met nuwe energie te begin.

📅 Woensdae
🕢 07:30

🌿 Beweging vir liggaam, siel en gees.

Plekke is beperk.
📲 WhatsApp vandag!

Ons sien uit daarna om saam met jou te beweeg.

29/07/2026

Dissipline begin nie altyd op ’n Maandag nie. Soms begin dit op ’n Woensdag.

Liewe Vrou,

Soms staan verantwoordelikhede in die pad. Soms is die week reeds aan die gang voordat jy kans kry om aan jouself te d**k.

En dis oukei.

Dit maak nie saak hoe jou begin lyk nie. Dit maak saak dat jy begin.

Ek het vandag my 6km sprints voltooi. Nie omdat dit die perfekte dag was nie, maar omdat ek besluit het om steeds op te daag.

Hoeveel drome bly net drome omdat ons wag vir die perfekte tyd, die perfekte plan of die perfekte begin?

Moenie wag nie.

Begin met wat jy het. Begin waar jy is. Begin vandag.

Elke klein tree, elke kilometer en elke “X” op jou lysie is ’n bewys dat jy besig is om jou lewe doelbewus te bou.

Dissipline is nie perfeksie nie. Dis om aan te hou opdaag.

Liewe Vrou,,Wat beteken Augustus maand vir jou?Vir my beteken dit Winde van verandering,Tag 'n vrou wat jou laat d**k aa...
29/07/2026

Liewe Vrou,,

Wat beteken Augustus maand vir jou?

Vir my beteken dit Winde van verandering,

Tag 'n vrou wat jou laat d**k aan Augustus maand in die post.

Nadine Van Der Wateren
Linzi Einkamerer

Liewe Vrou 🌿Kom beweeg volgende week GRATIS saam met ons by Lifestyle Club.Ons beweeg. Ons groei. Ons word gesond.Hierdi...
28/07/2026

Liewe Vrou 🌿

Kom beweeg volgende week GRATIS saam met ons by Lifestyle Club.

Ons beweeg. Ons groei. Ons word gesond.

Hierdie is soveel meer as net ’n Pilates- of oefengroep.

Dis ’n plek waar jy vir ’n oomblik stil kan word, jou liggaam kan versterk en jou hart kan vul.

Tag ’n vriendin wat jy graag saam wil nooi.

Ek sien uit daarna om jou te ontmoet.

Liewe Vrou,🌻Ek is dankbaar vir elke talent en passie wat ek gekry het en steeds ontdek. Maar ek het nog nie 'n passie vi...
23/07/2026

Liewe Vrou,🌻

Ek is dankbaar vir elke talent en passie wat ek gekry het en steeds ontdek. Maar ek het nog nie 'n passie vir wasgoed ontdek nie. Tog moet dit gedoen word. Dit is een van daardie dinge wat jy nie kan ignoreer nie, want as jy dit doen, raak die probleem net groter.

So wroeg ek weer dié week deur hope wasgoed. Kyk, elke stap daarvan het sy eie vlakke. Jy moet eers al die vuil wasgoed bymekaar kry, dan moet jy dit sorteer. Daarna kyk jy alles deur vir goed wat in sakke agtergebly het, kolle en ander verrassings. Dan sorteer jy volgens kleur. Prys die Here – nie volgens geur nie!

Nadat jou getroue wit of silwer kombuisassistent haar deel gedoen het, durf jy die natuur aan om alles buite te hang. Soms is dit op sigself 'n uitdaging en verg dit behoorlike beplanning, want alles moet inpas en sommige stukkies hoort eenvoudig nie op die draad nie.

Nadat die natuur haar bydrae gelewer het, begin die sorteer en vou. Party stukkies benodig ekstra liefde onder die getroue warm yster, ander kan jy sommer net met mening regskud.

Dan begin die vouwerk. Hier ontdek jy jou perfeksionistiese kant. Elkeen van ons het mos ons eie manier – die een wat jy glo die regte een is – en so werk jy deur die bondels.

Nou word alles netjies op elkeen se bed neergesit, en elke huislid is verantwoordelik om dit "netjies" weg te bêre. Teen dié tyd voel jy soos die wetsgeleerdes in die Bybel. Niemand kan nou vir jou iets vertel oor skoon wasgoed en hoe om daar uit te kom nie. En behoede die siel wat nie die "meesterstuk" met respek en deernis hanteer nie!

Dan begin die wegsit. Dit lyk soos netjies gepoleerde soldate wat in 'n ry staan. Jy moet hulle net op die regte plek plaas, in lyn met hul diens.

So besef ek deur my week se wasgoeddiens dat ons lewe ook maar so lyk.

Ons het almal 'n "hoop" wat soos 'n berg voor ons lê. Iets waarvoor ons eenvoudig nie kans sien nie. Maar daardie hoop kort net 'n bietjie uitsorteer en deurwerk, totdat jy ook 'n ry soldate het wat reg staan om jou by jou doelwit uit te bring.

Wat is jou hoop waarvoor jy nie kans sien nie?

Gesondheid? Finansies? Vriendskappe? Familiekwessies? Of dalk is dit net 'n deurmekaar kas.

Maar daardie **hoop wat ons laat lê**, begin later **'n reuk afgee**. Dit hou ons vas. Dit steel ons moed en weerhou ons daarvan om by ons doel uit te kom.

Ons groei nie in gemak nie.

Ek het dié week iets kosbaars gelees:
**"Die grootste vriend van gemak is ouderdom."**

Moenie gemaklik raak met die hoop wat jy voor jou uitskuif nie. Begin uitsorteer. Werk daardeur. Baklei jou pad oop, totdat jy ook jou ry soldate het wat saam met jou op pad is na jou doelwitte.

Geseënde dag vir jou.

22/07/2026

Ek wag vir jou "BEGIN"

Kom raak deel van "iets" wat anders is.

Wees eerlik..... Wat is die moeilikste deel van 'n gesonde leefstyl? Om gemotiveerd te bly.Om nee te se vir lekkernye?Om...
21/07/2026

Wees eerlik..... Wat is die moeilikste deel van 'n gesonde leefstyl?

Om gemotiveerd te bly.
Om nee te se vir lekkernye?
Om tyd vir oefening te maak?
Om genoeg te rus?

Daar is geen regte of verkeerde antwoord nie. Ek sal begin: Vir my is genoeg rus nogal moeilik om gereeld te doen.

Jou b***t,,,,,,,,,?

29/06/2026

D**k vir 'n oomblik terug...
Aan 'n besluit wat jou lewe verander het. Miskien was dit nie iets groot nie. Dalk net 'n vakansie wat jou siel laat rus het, of 'n koppie koffie saam met 'n vriendin wat jou weer hoop gegee het.

Die mooiste oomblikke in die lewe begin dikwels met een eenvoudige besluit.

Vandag nooi ek jou om weer daardie besluit te neem. Om in jouself te belê. Om iets nuuts te probeer. Om te kies vir gesondheid, groei en vreugde.

Wat het jy om te verloor?

Maar d**k net aan alles wat jy kan wen...

Kies 'n nuwe begin. Kies verandering. Kies jouself.

Lifestyle Club is meer as net Pilates-klasse. Dit is 'n gemeenskap waar vroue saam sterker word – in liggaam, siel en gees.

Jou beste lewe begin met een besluit.

Elke groot verandering in jou lewe begin met een besluit.Eers neem jy die besluit… en dan volg die aksie.Veertien jaar g...
29/06/2026

Elke groot verandering in jou lewe begin met een besluit.

Eers neem jy die besluit… en dan volg die aksie.

Veertien jaar gelede het ek besluit ek wil nie langer elke dag met pyn saamleef nie. Ek het geweet Pilates werk, daarom het ek besluit om ’n kursus te doen – aanvanklik net om myself te help.

Ek het nooit besef daardie een besluit sou my hele lewe verander nie.

Dit het vir my ’n nuwe roeping gegee. Dit het ’n beroep oopgemaak waarvoor ek vandag ongelooflik dankbaar is. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek het vasgehou aan my besluit.

Wanneer ek terugkyk, wonder ek dikwels: Waar sou ek vandag gewees het as ek nie daardie een besluit geneem het nie?

Daardie besluit het my die voorreg gegee om soveel ongelooflike vroue te ontmoet, saam met hulle te groei, hul stories te hoor en deel te wees van hul reis. Dit het nie net my liggaam verander nie – dit het my denke, my geloof en my hele lewe verander.

Vandag wil ek jou aanmoedig om ook ’n besluit te neem.

Maak ’n verbintenis met jouself dat jou gesondheid belangrik is. Dat beweging nie iets is wat jy doen wanneer dit jou pas nie, maar deel is van wie jy is.

Selfs wanneer jy met vakansie is, doen daardie video. Gaan stap. Kies om aan te hou.

Maak vandag die besluit om beter koskeuses te maak. Om jouself te prioritiseer. Om nie op te gee wanneer dit moeilik raak nie.

Jy hoef nie alles vandag perfek te doen nie. Jy hoef net vandag die besluit te neem.

Want oor ses maande kan jy terugkyk en besef dat een besluit jou lewe verander het.

Jou nuwe begin wag nie vir Maandag of volgende maand nie. Dit begin met die besluit wat jy vandag neem.

https://wa.me/27797682511?text=Hi%20Yolandi%2C%20ek%20stel%20belang%20in%20jou%20klasse

Whats nou! Neem daardie besluit!

Address

Wolmaransstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lifestyle Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Lifestyle Club:

Share