04/11/2026
𝐕𝐀𝐍 𝐓𝐀𝐅𝐄𝐋𝐁𝐄𝐑𝐆 𝐓𝐎𝐓 𝐃𝐈𝐄 𝐎𝐕𝐄𝐑𝐁𝐄𝐑𝐆 -
𝐃𝐈𝐄 𝐆𝐑𝐎𝐎𝐓𝐒𝐓𝐄 𝐃𝐎𝐑𝐏-𝐒𝐓𝐀𝐃-𝐈𝐍𝐓𝐄𝐑𝐒𝐊𝐎𝐋𝐄 𝐖𝐎𝐑𝐃 𝐈𝐍 𝟐𝟎𝟐𝟕 𝐆𝐄𝐁𝐎𝐑𝐄!
Met groot opgewondenheid kondig ons aan dat 𝑯𝒐ë𝒓𝒔𝒌𝒐𝒐𝒍 𝑱𝒂𝒏 𝒗𝒂𝒏 𝑹𝒊𝒆𝒃𝒆𝒆𝒄𝒌 𝒆𝒏 𝑯𝒐ë𝒓𝒔𝒌𝒐𝒐𝒍 𝑩𝒓𝒆𝒅𝒂𝒔𝒅𝒐𝒓𝒑 𝒗𝒂𝒏𝒂𝒇 2027 𝒂𝒎𝒑𝒕𝒆𝒍𝒊𝒌 𝒊𝒏𝒕𝒆𝒓𝒔𝒌𝒐𝒍𝒆𝒗𝒆𝒏𝒏𝒐𝒕𝒆 𝒊𝒔!
Die een staan aan die voet van Tafelberg, waar die stad se strate nooit heeltemal stil word nie. Die ander een lê in die hart van die Overberg, waar die platteland se ruimte en mense nog hul eie besondere stories vertel...
Die een se wortels lê in 1915. Die ander s’n in 1926.
Saam verteenwoordig hierdie twee skole meer as twee eeue se geskiedenis, tradisie en opvoeding.
En hoewel daar heelwat kilometers tussen ons lê, is daar merkwaardig baie wat ons saambind: Twee trotse hoërskole. Twee skole met diep wortels in hul onderskeie gemeenskappe. Twee skole waar tradisie en vooruitgang mekaar ontmoet en waar kinders aangemoedig word om nie net goeie presteerders nie, maar ook goeie mense te word.
Ons beide glo in skole waar kinders nog kinders kan wees. Waar prestasie belangrik is, maar karakter belangriker. Waar sport en kultuur nie bloot aktiwiteite op ’n kalender is nie, maar geleenthede om te groei, vriendskappe te bou en lewenslesse te leer.
En miskien vertel ons onderskeie skoolleuses die mooiste storie van hierdie nuwe vennootskap:
𝐖𝐄𝐄𝐒 𝐉𝐎𝐔𝐒𝐄𝐋𝐅. 𝐀𝐑𝐁𝐄𝐈𝐃 𝐀𝐃𝐄𝐋.
Wees getrou aan wie jy is. En wys deur jou dade waarvan jy gemaak is! Twee leuses. Twee skole. Een besonderse opvoedkundige boodskap!
Vanaf 2027 ontmoet die stad en die platteland mekaar op die sportveld, op die kultuurverhoog, in die klaskamer - ons gaan aan élke leerder 'n geleentheid bied om deel te wees met unieke interskole-kompetisies en skakelings.
Maar belangriker nog: Daar sal nuwe vriendskappe ontstaan. Nuwe herinneringe gemaak word. En ’n nuwe tradisie gebou word waarop toekomstige geslagte met trots sal kan terugkyk.
Want interskole gaan uiteindelik oor veel meer as die telling op ’n telbord!
Dit gaan oor die mense langs die veld. Die gees op die pawiljoen. Die handdruk ná die eindfluitjie. Die ouers wat saamkuier. Die oudleerders wat terugkeer. En die vriendskappe wat lank ná skool bly bestaan... Dit gaan werklik oor twee gemeenskappe wat mekaar leer ken, mekaar se uniekheid waardeer en saam iets besonders skep.
Ons sien met groot opgewondenheid uit na hierdie nuwe hoofstuk saam met Hoërskool Bredasdorp - 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐞𝐞𝐫𝐬𝐭𝐞 𝐨𝐧𝐭𝐦𝐨𝐞𝐭𝐢𝐧𝐠 𝐯𝐢𝐧𝐝 𝐡𝐢𝐞𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐧𝐬 𝐢𝐧 𝐊𝐚𝐚𝐩𝐬𝐭𝐚𝐝 𝐯𝐚𝐧𝐚𝐟 𝟐𝟗 𝐉𝐮𝐥𝐢𝐞 𝐭𝐨𝐭 𝟏 𝐀𝐮𝐠𝐮𝐬𝐭𝐮𝐬 𝟐𝟎𝟐𝟕 𝐩𝐥𝐚𝐚𝐬 - met al die heerlike afskopgeleenthede vir ons ouers en leerders deur die loop van die week!
Ons gaan boonop 'n spesiale somer-interskole saam aanbied - en HsJvR gaan kuier vroeg in 2027 in Bredasdorp vir hierdie heerlike geleentheid!
Twee skole met diep wortels. Twee gemeenskappe met groot harte. Een nuwe tradisie met ’n blink toekoms.
𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐰𝐞𝐥𝐤𝐨𝐦 𝐚𝐚𝐧 𝐬𝐤𝐨𝐨𝐥𝐡𝐨𝐨𝐟, 𝐦𝐧𝐫. 𝐌𝐮𝐥𝐥𝐞𝐫 𝐑𝐞𝐭𝐢𝐞𝐟, 𝐞𝐧 𝐬𝐲 𝐡𝐞𝐥𝐞 𝐇𝐨ë𝐫𝐬𝐤𝐨𝐨𝐥 𝐁𝐫𝐞𝐝𝐚𝐬𝐝𝐨𝐫𝐩-𝐬𝐤𝐨𝐨𝐥𝐠𝐞𝐦𝐞𝐞𝐧𝐬𝐤𝐚𝐩!
JvR-groete!
𝐏𝐢𝐞𝐭𝐞𝐫 𝐑𝐚𝐝𝐞𝐦𝐞𝐲𝐞𝐫
𝐒𝐤𝐨𝐨𝐥𝐡𝐨𝐨𝐟