10/08/2026
’n Nuwegenerasie-dryfmiddel vir asma-inhaleerders kan ’n beter alternatief vir die planeet
wees.
As jy ’n inhaleerder met steroïedmedikasie vir ligte tot matige asma gebruik, help ons om ’n inhaleerder te bestudeer wat klimaatvriendeliker is.
Die doel van die TRECONY-studie is om die veiligheid en doeltreffendheid te evalueer
van ’n asma-inhaleerder van ’n navorsingsaard wat ’n nuwe klimaatsvriendelike
alternatiewe dryfmiddel gebruik.
📍Om vir die studie oorweeg te word, moet deelnemers aan hierdie en ander kriteria
voldoen:
• 18-75 jaar oud
• Is minstens 6 maande en voor die ouderdom van 50 met ligte tot matige asma
gediagnoseer
• Ontvang asmabehandeling teen stabiele dosisse wat ’n daaglikse
inhalasiesteroïed (soos beklometasoon, budesonied, siklesonied, flutikasoon
of mometasoon) teen ’n lae of middelmatige dosis insluit wat met of sonder ’n
brongodilator gegee word
• Is ’n nieroker of nie meer ’n roker nie
Die studie sal sowat 20 weke duur en 8 besoeke aan die sentrum vereis.
Studiemedikasies, studiebesoeke, studieverwante toetse en ondersoeke word gratis
verskaf.
📍Vind meer uit: www.johese.co.za
📍Kontak nr: 076 225 3280