La Studio

Call Directions Contact the practice

La Studio Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefeninge. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

WAT AS DIE PLEK WAT SEER IS, NIE DIE HELE STORIE VERTEL NIE? 🧠Wanneer pyn lank aanhou, kan jou senuweestelsel meer sensi...
01/11/2026

WAT AS DIE PLEK WAT SEER IS, NIE DIE HELE STORIE VERTEL NIE? 🧠

Wanneer pyn lank aanhou, kan jou senuweestelsel meer sensitief en beskermend raak.

Die pyn is werklik, maar beteken nie altyd dat daar steeds skade plaasvind nie.

Jou brein gebruik voortdurend inligting van jou oë, balansstelsel, spiere en gewrigte om te bepaal:
“Is dit veilig om te beweeg?”

Daarom fokus ons by La Studio nie net op die plek wat seer is nie. Ons kyk na krag, balans, beweeglikheid én sensoriese funksie.

Die doel? Om jou liggaam weer veilig en met vertroue te laat beweeg. 🌿

Soms het chroniese pyn nie nóg meer beskerming nodig nie — maar die regte, geleidelike beweging.

31/10/2026

Jy kom met ’n seer SKOUER…
maar ons laat jou op ’n BALANSBORD staan. Hoekom? 🤔

Omdat ons by La Studio nie net na die pynlike gewrig kyk nie — ons kyk na die mens wat daarmee beweeg.

In hierdie oefening moet die been op die balansbord jou liggaam stabiliseer, terwyl die ander been in abduksie beweeg. Die gluteus medius speel ’n belangrike rol om die pelvis en heup te beheer.

Maar kyk wat moet nóg saamwerk:

🧠 Jou brein verwerk voortdurend inligting oor waar jou liggaam in die ruimte is.
👀 Jou visuele sisteem help met oriëntasie.
⚖️ Jou vestibulêre en proprioseptiewe sisteme dra by tot balans.
🦶 Voet, enkel, knie en heup moet aanpas.
💪 Jou romp en skouergordel reageer om jou liggaam stabiel te hou.

As iemand se balans slegs 1–2/5 is, is dit vir ons belangrike inligting. Dit kan beïnvloed hoe hy staan, loop, trappe klim en sy hele liggaam organiseer tydens beweging.

En daarom rehabiliteer ons nie ’n skouer asof dit alleen aan die liggaam vasgeheg is nie.

Die skouer is deel van ’n bewegende mens — en die liggaam werk as ’n eenheid. 🌿

Dis hoekom ons toets.
Dis hoekom ons verder kyk.
En dis hoekom rehabilitasie méér is as net oefeninge vir die plek wat seer is.

La Studio Biokinetika | Lewe deur beweging
📌MAAK JOU AFSPRAAK VANDAG OF DEEL HIERDIE INLIGTING MET IEMAND

Dis hoekom La Studio meer as net ’n plek is waar ons oefen… 🤍Wanneer iemand sê:“Dit doen my die wêreld se goed” —dan wee...
30/10/2026

Dis hoekom La Studio meer as net ’n plek is waar ons oefen… 🤍

Wanneer iemand sê:
“Dit doen my die wêreld se goed” —
dan weet ons beweging het verder gestrek as net spiere.

🌿 ’n Liggaam wat sterker en meer gebalanseerd voel.
🌿 ’n Plek waar jy gemaklik en welkom voel.
🌿 Mense wat jou naam ken en saam met jou die pad stap.
🌿 En sommer ’n uur waarin jy iets goeds vir jouself doen.

Dít is vir ons LEEF LIGTER.

Baie dankie vir hierdie kosbare terugvoer — en vir elkeen wat La Studio deel van julle week maak. 🤍

Wat as een van die beste stukke oefentoerusting reeds in jou huis is? 👣Ons stap elke dag by trappe verby… maar onderskat...
29/10/2026

Wat as een van die beste stukke oefentoerusting reeds in jou huis is? 👣

Ons stap elke dag by trappe verby… maar onderskat hoeveel hulle vir jou liggaam én brein kan doen.

🦵 Bou been- en heupkrag
⚖️ Daag balans en stabiliteit uit
🧠 Laat jou brein voortdurend hoogte, afstand en voetplasing verwerk
❤️ Verhoog jou hartklop en help met kondisionering
⬆️ Op, af, sywaarts, step-ups, squats, push-ups — één stel trappe gee jou soveel opsies.

En dalk die belangrikste: trappe oefen iets wat jy vir die res van jou lewe wil kan doen — jouself sterk en veilig van een vlak na ’n volgende beweeg.

Moenie altyd nuwe toerusting soek nie…
kyk net anders na dit wat reeds rondom jou is.

Beweging hoef nie ingewikkeld te wees om waardevol te wees nie. 🌿

La Studio | Lewe deur beweging

HOEKOM IS EK NOG SEER… AS DAAR “NIKS ERNSTIG VERKEERD” GEVIND WORD NIE? 🤔Pyn is werklik. Maar die plek waar jy pyn voel,...
27/10/2026

HOEKOM IS EK NOG SEER… AS DAAR “NIKS ERNSTIG VERKEERD” GEVIND WORD NIE? 🤔

Pyn is werklik. Maar die plek waar jy pyn voel, vertel nie altyd die hele storie nie.

Jou brein en senuweestelsel ontvang voortdurend inligting uit jou spiere, gewrigte, vel, oë en balansstelsel en probeer een belangrike vraag beantwoord:

“Is ek veilig?”

Wanneer die liggaam onseker voel, ’n senuwee geïrriteerd is, beweging beperk is of sekere spiere nie goed saamwerk nie, kan die beskermingsreaksie verhoog — en pyn kan deel daarvan wees.

Daarom kyk ons by La Studio verder as net WAAR dit seer is.

Ons vra eerder:
🧠 Wat vertel die senuweestelsel?
👀 Hoe goed verwerk die visuele stelsel inligting?
⚖️ Hoe lyk balans en beheer?
💪 Werk die regte spiere op die regte tyd?
🦵 Hoe beweeg die gewrigte saam?

Want soms lê die sleutel nie daarin om nét die pynlike plek te behandel nie, maar om die liggaam weer beter, sterker en met meer vertroue te laat beweeg.

👉 Blaai deur die skyfies — pyn is ingewikkeld, maar dit beteken nie daar is geen HOOP nie.

La Studio Biokinetika
Wetenskap van HOOP. 🌿
LEEF LIG

27/10/2026
HIER OEFEN JY NIE NET NIE… HIER WORD JY RAAKGESIEN. 🤍Dis dalk een van die mooiste beskrywings van wat ek hoop elke perso...
26/10/2026

HIER OEFEN JY NIE NET NIE… HIER WORD JY RAAKGESIEN. 🤍

Dis dalk een van die mooiste beskrywings van wat ek hoop elke persoon by La Studio ervaar.

’n Aromatjie op die hand…
’n rustige opwarming…
’n goeie strek…
krag wat stadig opgebou word…
en iemand langs jou wat kyk, help en aanpas wanneer dit nodig is.

Want twee mense kan dieselfde ouderdom wees, maar hulle liggame, geskiedenis, pyn, krag en vermoëns is nooit presies dieselfde nie.

Daarom glo ek in persoonlike aandag binne ons oefengroepe – om elkeen te help om binne sý of háár vermoë sterker en meer selfstandig te beweeg.

En wanneer iemand dan sê:
“Jy is ’n mense-mens en jy ken jou werk”
…dan raak dit my hart. 🤍

Dankie vir elke mooi woord, elke 5⭐ en veral vir elke persoon wat La Studio vertrou met iets so kosbaar soos hul liggaam en beweging.

La Studio Biokinetika
Wetenskap van HOOP.
LEEF LIG🤗🤗🤗🤗🤗🤗

25/10/2026

REHAB “FUN” @ LA STUDIO
Hoe kan ons help?
ORTOPEDIE & REHABILITASIE
• Pre- en post-operatiewe
rehabilitasie
• Rug-, nek-, skouer-, heup-,
knie- en enkelprobleme
• Spierswakheid,
bewegingsbeperkings en spierwanbalanse

SPORT & PRESTASIE
• Sportbeserings en veilige
terugkeer na sport
• Spierkrag, mobiliteit, stabiliteit en simmetrie
• Bewegingskwaliteit en
sportspesifieke
voorbereiding
• Prestasie-optimalisering

OUER VOLWASSENES
• Balans, spierkrag en mobiliteit
• Valvoorkoming en vertroue
in beweging
• Funksionele beweging en
onafhanklikheid
• Gesonde, aktiewe veroudering

📞082 9240872

😌NAWEEK……
23/10/2026

😌NAWEEK……

Address

Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Telephone

+27829240872

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to La Studio:

Shortcuts

Share

Nearby clinics