13/10/2026
Van die vroeë dae tot vandag - kom beleef saam met ons die reis vanaf "Toeka" tot "Nou"!
Die dame by die trappe in die ingangsportaal het al nuut geblom, ons uitstalruimte is opgeknap en ons ontvangsarea het ook 'n nuwe blaadjie omgeslaan.
Ons kyk met waardering terug na waar ons met De Jongh Optometry begin het en hoe ons oor die jare gegroei en verander het.
Van die eerste foto’s kort ná ons deure oopgemaak het, tot foto’s van ons praktyk vandag: baie het verander!
Dankie aan elke pasiënt wat oor die jare deel van die De Jongh-storie geword het. Julle vertroue en ondersteuning beteken vir ons baie.
Van toeka tot nou - dankie dat julle saam met ons die reis stap.
🌐 dejonghoptometry.co.za