03/06/2026
My man werk in die korporatiewe wêreld en spandeer baie tyd op terreine. Tussen die lang dae, stof, sonblootstelling, stres en eindelose verantwoordelikhede kry sy vel ook swaar.
So nou en dan steel ek hom vir 'n uur en gee sy vel die liefde en sorg wat dit nodig het.
Wat begin het as "Ek sal dit doen omdat jy vra", het een van sy gunsteling behandelings geword. Nie net vir sy vel nie, maar vir die kans om vir 'n uur lank heeltemal af te skakel.
Geen e-posse. Geen oproepe. Geen deadlines!
Net ontspanning.
Want gesonde vel is nie net vir vroue nie, en selfversorging is ook nie iets waaroor mans skuldig hoef te voel nie.
En eerlikwaar? Om hom halfpad deur die behandeling aan die slaap te sien raak, bly een van my gunsteling dinge.
www.sdbesthetiek.com