Huis Matzikama

Huis Matzikama Frail care for 60 years and above

Baie geluk aan Augustus 2026 se Personeel vir die Maand:Huishoudelik:Cathleen Cloete, Berrinese Ghal, Xolelwa Mdala en S...
02/09/2026

Baie geluk aan Augustus 2026 se Personeel vir die Maand:

Huishoudelik:
Cathleen Cloete, Berrinese Ghal, Xolelwa Mdala en Samantha Farmer
Verpleegafdeling :
Brumilda Maarman

Baie dankie aan al die personeel vir die mooi hantering van 'n baie uitdagende maand.

Huis Matzikama is bevoorreg om vandag saam met die uitgebreide Botha-familie tannie Grieta Botha se 100ste verjaarsdag t...
28/08/2026

Huis Matzikama is bevoorreg om vandag saam met die uitgebreide Botha-familie tannie Grieta Botha se 100ste verjaarsdag te vier. Alles word spesiaal gemaak om haar saam met die familie vir die viering op die stoep te akkommodeer.
Baie geluk tannie Grieta, tannie is 'n trotse inwoner van Huis Matzikama. Aan die familie, baie dankie dat julle haar dag vir haar so spesiaal kom maak.

Stelselmatig neem ons baie spesiale tuin vir baie spesiale mense vorm aan. Baie dankie aan elke persoon wie besig is om ...
27/08/2026

Stelselmatig neem ons baie spesiale tuin vir baie spesiale mense vorm aan. Baie dankie aan elke persoon wie besig is om dit moontlik te maak🥰

Daar was navrae oor hoe die borslappe lyk wat vir die siekeboeg gemaak word.  Die voorbeeld in die foto dui die mates du...
20/08/2026

Daar was navrae oor hoe die borslappe lyk wat vir die siekeboeg gemaak word. Die voorbeeld in die foto dui die mates duidelik aan.

En so het ons tuinprojek vir ons siekeboeginwoners (en wie dit ookal wil geniet) afgeskop. Baie dankie aan almal wie sov...
19/08/2026

En so het ons tuinprojek vir ons siekeboeginwoners (en wie dit ookal wil geniet) afgeskop. Baie dankie aan almal wie sover op watter moontlike manier ookal, bygedra het. Die projek is nog net in sy kinderskoene, bydraes is dus steeds baie welkom.

Dit blyk egter duidelik uit die foto's en video dat daar glad nie aan entoesiasme ontbreek nie.

19/08/2026
19/08/2026

Dinsdag 18 Augustus 2026 was 'n baie uitdagende dag vir die personeel van Huis Matzikama. 'n Groot dankie aan Kobus Myburgh, Roché Kilian en Eric Mathews vir die ekstra tree wat hulle gegee het om te sorg dat die siekeboeg se inwoners 100% suurstoftoevoer gehad vir die tydperk wat die krag af was.

Baie van ons inwoners is op een of ander wyse betrokke by projekte in die tehuis. Elkeen het sy eie talent wat hy of sy ...
17/08/2026

Baie van ons inwoners is op een of ander wyse betrokke by projekte in die tehuis. Elkeen het sy eie talent wat hy of sy spontaan ten bate van die tehuis aanwend.
Daar bestaan 'n behoefte aan borslappe in die siekeboeg. Baie dankie aan Bernadette Gouws, Marietha Schreuder en Frieda O'Kennedy wie spontaan hulle naaldwerktalente aanwend om aan hierdie behoefte te voldoen. Bernadette is 'n familielid van een van ons inwoners. Marietha en Frieda is twee inwoners wie steeds woeker met hulle naaldwerktalente.

Hierdie pragtige kleurvolle borslappe word baie waardeer.

Riana en haar span van Jesus in Aksie het Huis Matzikama op Saterdag, 8 Augustus besoek. Dit was soos altyd 'n voorreg o...
12/08/2026

Riana en haar span van Jesus in Aksie het Huis Matzikama op Saterdag, 8 Augustus besoek. Dit was soos altyd 'n voorreg om hulle te ontvang. Die inwoners het baie waardering vir die tyd wat hulle afgestaan het . Behalwe die lekker aktiwiteite, het elke inwoner asook die personeel spesiale pakkies ontvang. Huis Matzikama se sonkamer was stampvol en daar is behoorlik gelag en lekker saamgespeel. Tannie Stienie het almal verras met 'n vlot voordrag van 'n resitasie uit haar kinderjare. Die inwoners het die brei en hekel items wat vir Jesus in Aksie se uitreikings gemaak is, aan die spanleier oorhandig.

Baie dankie aan hierdie baie spesiale groep mense. Dit is heerlik om saam met julle te werk en deel te wees aan julle uitreikings

12/08/2026

Huis Matzikama en van die woonstelinwoners het begin met 'n tuinprojek om die siekeboeg inwoners se uitsig te verbeter en so 'n bietjie vreugde vir hulle te bring. Alle moontlike donasies ten bate van hierdie projek sal baie waardeer word. Indien u 'n EFT donasie wil maak, kontak asseblief vir Leonie om die bankbesonderhede te verkry.
Baie dankie aan almal vir die volgehoue ondersteuning.

Address

25 Paddock Street
Vanrhynsdorp
8170

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Matzikama posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Matzikama:

Share