Care at Home

Call Directions Website Contact the practice

Care at Home Home Base care for the elderly or sick in and around Worcester. Frailcare unit ...Hooggelegen Sorgeenheid and Care@Home NID Sorgeenheid in Worcester.

30/10/2026

Vandag sĂŞ ons DANKIE aan ons drywers!

Elke dag is julle daar om ons personeel veilig by die werk te kry en weer veilig by die huis af te laai.

Dit vra nie net verantwoordelikheid en oplettendheid nie, maar ook baie geduld!

Want kom ons wees eerlik, ons dink nie dit is altyd 'n grap om met soveel vrouens saam te werk nie!

Dankie vir julle vriendelikheid, geduld, hulpvaardigheid en die manier waarop julle elke dag julle werk doen.

Ons sien julle raak, ons waardeer julle en ons is baie dankbaar vir julle!

’N SPESIALE DANKIE AAN ONS ADMINKANTOOR! Agter elke goed georganiseerde span is daar mense wat stilweg, getrou en met to...
28/10/2026

’N SPESIALE DANKIE AAN ONS ADMINKANTOOR!

Agter elke goed georganiseerde span is daar mense wat stilweg, getrou en met toewyding hul deel doen.

Dankie aan ons administratiewe personeel by Care@Home vir julle harde werk, ondersteuning en al die dinge wat julle agter die skerms doen. Julle bydrae is waardevol, selfs wanneer dit nie altyd raakgesien word nie.

Julle maak ’n verskil, elke dag!

Care@Home – elke mens en elke bydrae maak saak.

’N SPESIALE DANKIE AAN ONS SUSTERS EN SKOFHOOFDE! Elke sterk versorgingspan het mense wat leiding gee, probleme help opl...
26/10/2026

’N SPESIALE DANKIE AAN ONS SUSTERS EN SKOFHOOFDE!

Elke sterk versorgingspan het mense wat leiding gee, probleme help oplos, ander moed inpraat en verantwoordelikheid neem — selfs op die dae wanneer dit nie maklik is nie.

Vandag wil ons by Care@Home ons opregte waardering uitspreek teenoor ons susters en skofhoofde.

Dankie vir julle geduld, julle ondersteuning, die verantwoordelikheid wat julle dra en die ekstra myl wat julle so dikwels stap.

Ons weet dat daar uitdagings, moeilike dae en oomblikke is waar daar vinnig oplossings gevind moet word. Dankie dat julle aanhou, inspring waar nodig en saam met julle spanne werk om die beste moontlike sorg aan ons inwoners te gee.

Ons waardeer nie net die werk wat julle doen nie, maar ook die harte waarmee julle dit doen.

Goeie versorging is die resultaat van mense wat saamstaan, mekaar ondersteun en met dieselfde doel werk.

Dankie dat julle deel is van die Care@Home-familie. Julle bydrae maak saak, en ons waardeer elkeen van julle opreg!

Care@Home – saam gee ons om, saam maak ons ’n verskil.

❤️ ’n Spesiale dankie aan ons Care@Home-versorgers! 🌷Dankie aan elkeen van ons versorgers wat daagliks met liefde, gedul...
22/10/2026

❤️ ’n Spesiale dankie aan ons Care@Home-versorgers! 🌷

Dankie aan elkeen van ons versorgers wat daagliks met liefde, geduld en deernis na ons kliënte omsien.

Julle omgee-harte, sagte hande en klein gebare maak ’n groot verskil in ander se lewens. Ons waardeer elkeen van julle en die verskil wat julle elke dag maak!

Care@Home – waar versorging uit die hart kom. ❤️

CARE@HOME SE KOMBUISSPAN – MEER AS NET ’N BORD KOS!By Care@Home ken ons kombuispersoneel ons inwoners sommer op ’n ander...
19/10/2026

CARE@HOME SE KOMBUISSPAN – MEER AS NET ’N BORD KOS!

By Care@Home ken ons kombuispersoneel ons inwoners sommer op ’n ander manier!

Hulle weet wie nie rys eet nie, wie mal is oor pampoen, wie se tee ’n ekstra lepeltjie suiker nodig het en vir wie daar ’n ekstra broodjie gepak moet word vir daardie laat aande.

Dis hierdie klein dingetjies wat ons harte warm maak. Want dit wys dat julle nie net kos opskep nie, maar ons inwoners raaksien, hulle leer ken en onthou wat vir elkeen spesiaal is.

Aan ons kombuispersoneel: dankie vir julle harde werk, julle omgee en al die klein ekstra dingetjies wat julle doen. Julle maak ’n groter verskil as wat julle dalk besef!

Ons sien julle raak, en ons waardeer julle!

DIE MENSE AGTER CARE@HOME Vandag gee ons erkenning aan ons skoonmaakpersoneel!Wanneer ons aan goeie versorging dink, din...
16/10/2026

DIE MENSE AGTER CARE@HOME

Vandag gee ons erkenning aan ons skoonmaakpersoneel!

Wanneer ons aan goeie versorging dink, dink ons dikwels eerste aan verpleegkundiges en versorgers. Maar by Care@Home weet ons dat goeie versorging uit baie meer bestaan.

Dit is ook die mense wat elke dag sorg dat ons omgewing skoon, netjies en aangenaam is. Die mense wat dikwels stilweg agter die skerms werk, maar wie se bydrae elke dag sigbaar is in die plek waar ons inwoners woon.

’n Skoon kamer, ’n vars vertrek en ’n netjiese omgewing is nie bloot take wat afgehandel moet word nie. Dit dra by tot ons inwoners se gemak, waardigheid en tuisgevoel.

Vandag wil ons ons skoonmaakspan in die kollig plaas en vir elkeen sĂŞ: dankie vir julle harde werk, julle toewyding en die belangrike rol wat julle by Care@Home speel.

Want by Care@Home glo ons dat elke personeellid saak maak. Goeie versorging is spanwerk, en elkeen se bydrae maak ’n verskil.

Care@Home — waar omgee in elke detail lê.

Ilse Smit
15/10/2026

Ilse Smit

15/10/2026
HAPPY HERITAGE DAY 🇿🇦Ons erfenis is meer as tradisies…dit is die mense, stories, liefde en herinneringe wat ons saam dra...
24/09/2026

HAPPY HERITAGE DAY 🇿🇦

Ons erfenis is meer as tradisies…
dit is die mense, stories, liefde en herinneringe wat ons saam dra. ❤️

Vandag vier ons die mooi Suid-Afrikaans-wees wat ons met mekaar verbind. 🇿🇦

Van ons Care@Home-familie aan julle s’n —
’n baie spesiale Erfenisdag! ❤️

Address

Worcester
6850

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Care at Home posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Care at Home:

Share