Residentia

Residentia Since 1957, Residentia has cared for seniors across 13 lifestyle centres in SA.

From active living to 24-hour frail care, we offer dignity, compassion, and a true sense of home .

๐Ÿ”ฅ๐Ÿฅช Wie maak Waterberg se lekkerste braaibroodjie? ๐Ÿฅช๐Ÿ”ฅOp 24 September om 10:00 pak ons die kole aan by Residentia Waterber...
01/09/2026

๐Ÿ”ฅ๐Ÿฅช Wie maak Waterberg se lekkerste braaibroodjie? ๐Ÿฅช๐Ÿ”ฅ

Op 24 September om 10:00 pak ons die kole aan by Residentia Waterberg vir โ€™n heerlike Braaibroodjie-kompetisie!

Skryf jou span in vir net R100 en kom wys vir ons hoe โ€™n behoorlike braaibroodjie gemaak word.
Elke span maak 10 broodjies - 1 vir beoordeling en 9 vir verkoop.

Bring jou eie bestanddele, piekniekmandjie en stoele saam en maak โ€™n lekker kuierdag daarvan. Daar is natuurlik ook pryse vir die beste braaibroodjie! ๐Ÿ†

Nie lus om self deel te neem nie? Kom kuier gerus saam, braaibroodjie, wors en slaai sal beskikbaar wees teen R50.

๐Ÿ“… Bestellings sluit 22 September
๐Ÿ“ž 014 717 1370
๐Ÿ“ 42 Van Riebeeckstraat, Modimolle
๐Ÿ“ง [email protected]

Bring jou eetlusโ€ฆ ons bring die gees! ๐Ÿ”ฅ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ
Residentia Waterberg - Wie maak Waterberg se lekkerste braaibroodjie?

01/09/2026

๐ŸŒธ๐ŸŒผ Baie geluk met jou verjaarsdag, Liz! ๐ŸŒผ๐ŸŒธ

Vandag is nie net Lentedag nie, dit is ook jou verjaarsdag! En dit pas jou perfek, want jy is net so fraai, vrolik en vol lewe soos die eerste lenteblomme.

Jou menswees weerspieรซl die mooi van die lente, 'n seisoen van nuwe hoop, warmte en kleur. Dankie dat jy elke dag met soveel vriendelikheid, omgee en opregtheid na mense uitreik. Jy maak 'n verskil, nie net vir ons inwoners nie, maar vir elke kollega wat die voorreg het om saam met jou te werk.

Jy is werklik 'n kosbare deel van die -familie, en ons is dankbaar vir alles wat jy bydra.

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou net soveel vreugde, liefde en seรซn bring as wat jy vir ander gee. Mag God se liefde jou elke dag toevou, Sy vrede jou hart vul en Sy hand jou altyd lei.

Geniet jou spesiale dag โ€“ vandag vier ons vir jรณรบ! ๐Ÿ’๐ŸŽ‚๐Ÿ’š

31/08/2026

๐ŸŽ‰ Baie geluk met jou verjaarsdag, Lize! ๐ŸŽ‰

Vandag vier ons 'n besonderse vrou โ€“ elegant, stylvol en altyd pynlik netjies. Jy dra jouself met soveel grasie en is 'n ware statige dame.

Hermon is een van Residentia se mees komplekse skemas om te bestuur, maar jy doen dit met merkwaardige kalmte, wysheid en toewyding. Jou rustige manier van praat, jou opregte liefde vir inwoners en jou vermoรซ om mense met respek en deernis te hanteer, maak jou besonders.

Jy beskik oor ongelooflike kennis op soveel terreine, en dit is 'n groot voorreg om jou as kollega te hรช. Dankie vir die voorbeeld wat jy stel en vir die verskil wat jy elke dag in soveel mense se lewens maak.

Mag jou nuwe lewensjaar gevul wees met God se seรซn, vreugde, goeie gesondheid en baie mooi herinneringe.

Geniet jou spesiale dag โ€“ vandag vier ons vir jรณรบ! ๐ŸŒธ๐ŸŽ‚๐Ÿ’™

Baie geluk aan ons bestuurder van Residentia Wilgerus, Charnรฉ Nel en Gerrit Nel, asook vir sussie Lena, met die geboorte...
26/08/2026

Baie geluk aan ons bestuurder van Residentia Wilgerus, Charnรฉ Nel en Gerrit Nel, asook vir sussie Lena, met die geboorte van julle pragtige nuwe babadogtertjie, Lisa! ๐Ÿฉท

Mag klein Lisa se lewe van die heel begin af gevul wees met liefde, geluk, laggies en ontelbare kosbare oomblikke. Mag hierdie nuwe hoofstuk vir julle as gesin besonders mooi wees en julle harte vul met soveel vreugde. ๐Ÿฅฐ

Ons is so bly saam met julle en wens julle โ€™n leeftyd van liefde en wonderlike herinneringe saam met julle klein engeltjie toe. ๐Ÿ‘ฃ๐Ÿ’•

Welkom by die Residentia Famielie, klein Lisa! ๐ŸŒธ
Baie geluk, Charnรฉ, Gerrit en Lena! ๐Ÿ’—

21/08/2026

๐ŸŽ‰ Baie geluk met jou verjaarsdag, Ilse! ๐ŸŽ‰

Vandag vier ons nie net jou verjaarsdag nie, maar ook die besondere mens wat jy is.

Jou passie vir Residentia en vir die versorging van ouer persone is duidelik sigbaar in alles wat jy doen. Jy is ongelooflik kundig op jou gebied en streef altyd daarna om die beste moontlike sorg en lewenskwaliteit vir ons seniors te verseker. Jy is 'n ware ambassadeur vir ouer persone.

Dit is 'n groot voorreg om saam met jou te werk en by jou te leer. Jou toewyding, wysheid en opregte omgee inspireer ons almal om elke dag ons beste te gee.

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met God se rykste seรซn, goeie gesondheid, vreugde en baie mooi herinneringe.

Geniet elke oomblik van jou spesiale dag. Ons waardeer jou opreg! ๐ŸŒธ๐ŸŽ‚๐Ÿ’™

๐ŸŒฟ โ€™n Baie suksesvolle Stap & Trap by Residentia Waterberg! ๐Ÿšถโ€โ™€๏ธ๐Ÿšดโ€โ™‚๏ธOns is ongelooflik dankbaar vir die wonderlike uitkom...
19/08/2026

๐ŸŒฟ โ€™n Baie suksesvolle Stap & Trap by Residentia Waterberg! ๐Ÿšถโ€โ™€๏ธ๐Ÿšดโ€โ™‚๏ธ

Ons is ongelooflik dankbaar vir die wonderlike uitkoms van vanjaar se Stap & Trap. Dit was โ€™n heerlike dag vol goeie geselskap, lekker kos en baie mooi oomblikke, en almal wat dit bygewoon het, het dit terdeรซ geniet.

โ€™n Groot dankie aan ons personeel vir julle harde werk en toewyding. Van al die reรซlings en voorbereidings, tot die kosmaak en bemanning van die stalletjies, elkeen se bydrae het gehelp om die dag โ€™n groot sukses te maak.

Baie dankie ook aan al ons borge vir julle ondersteuning en betrokkenheid. Sonder julle sou โ€™n dag soos hierdie nie moontlik wees nie.

โ€™n Spesiale woord van dank aan Klipspringer Gasteplaas vir julle waardevolle bydrae en ondersteuning.

Aan elke persoon wat saam kom stap, trap, kuier en die dag geniet het, baie dankie! ๐Ÿ’š

Ons sien reeds uit na die volgende een!

Klipspringer Guestfarm Residentia Waterberg - Stap & Trap 2026

12/08/2026

๐Ÿšถโ€โ™€๏ธ๐Š๐จ๐ฆ ๐ฌ๐ญ๐š๐ฉ, ๐ญ๐ซ๐š๐ฉ ๐ž๐ง ๐ค๐ฎ๐ข๐ž๐ซ ๐ฌ๐š๐š๐ฆ ๐›๐ฒ ๐‘๐ž๐ฌ๐ข๐๐ž๐ง๐ญ๐ข๐š ๐–๐š๐ญ๐ž๐ซ๐›๐ž๐ซ๐  ๐ฌ๐ž ๐’๐ญ๐š๐ฉ & ๐“๐ซ๐š๐ฉ ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ”! ๐Ÿšดโ€โ™‚๏ธ

Bring die hele gesin, jou vriende รฉn selfs jou viervoet-maatjie vir โ€™n heerlike dag vol buitelugpret, fietsry, staproetes, kosstalletjies en lekker kuier.

๐ŸŽDaar is ook โ€™n gelukkige trekking waar jy โ€™n oefenfiets kan wen, slegs R100 per kaartjie.

๐Ÿ“…Datum: ๐Ÿ๐Ÿ“ ๐€๐ฎ๐ ๐ฎ๐ฌ๐ญ๐ฎ๐ฌ ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ”
๐Ÿ“Plek: ๐Š๐ฅ๐ข๐ฉ๐ฌ๐ฉ๐ซ๐ข๐ง๐ ๐ž๐ซ ๐†๐š๐ฌ๐ญ๐ž๐ฉ๐ฅ๐š๐š๐ฌ, ๐Œ๐จ๐๐ข๐ฆ๐จ๐ฅ๐ฅ๐ž
๐Ÿ“žMeer inligting: ๐ŸŽ๐Ÿ–๐Ÿ ๐Ÿ—๐Ÿ๐Ÿ ๐Ÿ‘๐Ÿ’๐Ÿ–๐Ÿ–

๐Ÿ“ ๐‘๐ž๐ ๐ข๐ฌ๐ญ๐ซ๐ž๐ž๐ซ ๐ก๐ข๐ž๐ซ: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSeOt55CaI_7jpiyOkztuYGGs1OELmz8rQETcDWk636WAckFYA/viewform?usp=pp_url

๐Œ๐จ๐ž๐ญ ๐๐ข๐ญ ๐ง๐ข๐ž ๐ฆ๐ข๐ฌ๐ฅ๐จ๐จ๐ฉ ๐ง๐ข๐ž!

Elke leeftyd dra โ€™n skatkis vol stories, wysheid en onvergeetlike herinneringe. By Residentia vier ons die mense agter d...
11/08/2026

Elke leeftyd dra โ€™n skatkis vol stories, wysheid en onvergeetlike herinneringe. By Residentia vier ons die mense agter die jare en behandel ons elke inwoner met die waardigheid en respek wat hulle verdien.

Hier is ouderdom nie โ€™n beperking nie, dit is iets om op trots te wees.

Voel die verskil van ware sorg.

060 930 8061
[email protected]
www.residentia.co.za

๐ŸŒฟ Welkom by Residentia, Erika van der Westhuizen!Dit is met groot opgewondenheid dat ons Erika van der Westhuizen by die...
06/08/2026

๐ŸŒฟ Welkom by Residentia, Erika van der Westhuizen!

Dit is met groot opgewondenheid dat ons Erika van der Westhuizen by die Residentia-familie verwelkom.

Erika is 'n Geregistreerde Verpleegkundige met uitgebreide ervaring in palliatiewe sorg, gemeenskapsgesondheid en pasiรซntondersteuning. Sy bring 'n passie vir deernisvolle versorging, holistiese ondersteuning en die verbetering van die lewensgehalte van inwoners en hul families saam met haar. Sy beskik ook oor waardevolle ervaring in gemeenskapsopvoeding, versorgerondersteuning en multidissiplinรชre samewerking.

Ons is dankbaar dat Erika gekies het om deel van Residentia te word en sien uit daarna om saam met haar ons missie uit te leef: om met liefde, respek en uitnemendheid na ons inwoners om te sien.

Ons wens haar baie voorspoed, vreugde en seรซn toe in hierdie nuwe hoofstuk.

Welkom by die Residentia-familie, Erika! Ons is bly om jou aan boord te hรช. ๐Ÿ’™๐ŸŒฟ

Address

469 General De Wet Street
Pretoria
0152

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Residentia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Residentia:

Shortcuts

Share