Huis Janri

Huis Janri Huis Janri provides
- affordable 24 hour Frail Care.
- Assisted living care with 24 hour nursing

Today’s Heritage day at Huis Janri.Thanks to al the staff and residents for making our day special.
24/09/2025

Today’s Heritage day at Huis Janri.
Thanks to al the staff and residents for making our day special.

23/05/2025

HUIS JANRI INLIGTINGSBROSJURE
Inleiding en agtergrond.
Huis Janri NPO is ‘n ouetehuis geleë in die Mootarea. Die naam is ‘n kombinasie van die name van die stigters Jan en Ria. Die tehuis is geopen in 1998 nav geïdentifiseerde behoeftes vanuit die gemeenskap. Die tehuis versorg tans 50 bejaarde persone. Voorsiening word gemaak vir verswakte bejaardes in die 25-bed verswakte eenheid (siekeboeg), met buite woonstelletjies vir die sterker en selfversorgende bejaardes.
Dienste
Die volgende dienste word verskaf:
1. 24-uur verpleegsorg deur opgeleide versorgers met ‘n suster voltyds op diens. Versorging sluit o.a. in:
- Bad/bedwas van pasiënte
- Hulp met aantrek
- Medikasie kontrole
- Voer
- Doeke
- Gespesialiseerde sorg soos byv
• Katetersorg
• Buisvoedings en
• Wondsorg

2. Voedseldiens. Die tehuis beskik oor ‘n volledige kombuis en voorsien 3 gebalanseerde maaltye per dag. Voorsiening word ook gemaak vir pasiënte met spesiale voedingsbehoeftes soos diabetes, hoë bloeddruk en buisvoedings.

3. Washuis. Op die perseel is ‘n volledige washuis wat eenmaal per week al die inwoners se wasgoed was en stryk en die siekeboegarea meer gereeld volgens behoefte.

4. Skoonmaakdienste . Al die kamers word eenmaal per week ordentlik skoongemaak en die siekeboegarea elke dag.

5. Tuindienste. Die tehuis beskik oor ‘n pragtige tuin wat hanteer word deur die inwoners, met tuindienste om die harde werk te doen.

6. Instandhouding. Word ook deur die tehuis self hanteer mbv kontrakteurs vir gespesialiseerde instandhouding.

7. Vryetydsbesteding. Dis belangrik dat ook bejaardes besig gehou word en stimulasie ontvang. Gereelde aktiwiteite word aangebied. Doen trimgym weekliks. Hare en naelsorg weekliks. Kerkdiens en Bybelstudie vir geestelike stimulasie weekliks.
Slot
Kom besoek ons gerus by Ben Swartstraat 593 Gezina. Skakel Jan Nieuwoudt by selno 083 273 3393 of die kantoor by telno 012 330 6371 vir navrae of om ‘n afspraak te reël.

30/10/2024

Huis Janri Old Age Home is looking for a second hand or a shop soiled double oven.
We are revamping our kitchen mostly from Donations received, which we would like to thank everyone involved.
Please in anyone has or knows of one please whattsapp Marie on 0826204545

Thankyou

25/07/2024

BEDDENS BESKIKBAAR
Skakel ons gerus vir 'n afspraak of vir meer inligting.
012 330 6371

Address

593 Ben Swart Avenue
Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Janri posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Janri:

Share